Sake Geleentheid
Swemgat het na vore getree as betroubare swembadbouers en swembadspesialiste, gedryf deur die visie van aanlyn-entrepreneur Hendrik Ehlers.
Ons streef daarna om gelukkige swembadeienaars te maak wat Swemgat by kollegas, familie en vriende sal aanbeveel.
- Ons fokus is die verhitting, bou, vernuwing en herstel van swembaddens en borrelbaddens
- Verskaf raad aan doen-dit-self makers
- Ons verkoop swembadprodukte aanlyn en lewer af in Suid-Afrika
- Ons beskou onsself as 'n verskaffer van gesonde en veilige tuisvermaak vir gesinne
Bedryfsreg Geleentheid
Met byna 'n miljoen swembaddens landwyd, is die vraag na betroubare swembadtegnici groot. Ons verskaf opleiding, 'n besigheidstelsel wat werk, toegang tot betroubare leweransiers en 'n goeie ondersteuningstruktuur.
Hierdie sake geleentheid is beskikbaar vir mense met meer as 2 jaar ondervinding as entrepreneur of met kwalifikasie in 'n tegniese veld. Alle bedryfsreghouers werk vanaf kantore by die huis.
'n Vooraf-fooi van R95 000 om deel te word van die Swemgat groep, wat bedryfskapitaal en'n bakkie(s) en gereedskap uitsluit, is onder andere nodig as aanvanklike belelegging.
Vir meer inligting - kontak ons